Saturday, July 24, 2010

Kinders en hul dinge

Ek het so lanklaas fotos op ons blog gesit, die meeste mense is op facebook en dit is baie meer doeltreffend as die blog.  Maar ek het so bietjie tyd vandag en het besluit om al ons fotos wat op facebook is op ons blog te sit. 

Die fotos het ons op Valentynsdag geneem.


Jean-Pierre kon net nie langer wakker bly nie, hy het sommer aan die slaap geraak op die bank terwyl hy so gesit het.

Hier is die twee sussies bymekaar.

Clarissa geniet die aandag sommer baie.  Mens se derde kind kry verseker die minste aandag en moet maar gewoond raak daaraan dat daar 'n ouer boetie en sussie is wat ook besige lewens lei, en die res van die familie sien haar ook maar die minste en probeer al hulle aandag verdeel onder al die kinders so ja, die derde kind trek maar ongelukkig aan die kortste ent.  Gelukkig is ek bevoorreg om nog by die huis te kan bly en my kinders self groot te maak.  Ek hoop regtig dat dit so kan bly en dat ek sommer lank 'n tuisbly mamma kan wees.

Hier is al drie saam in die bad, dit gebeur baie min deesdae.

Clarissa net nadat sy gebad het.

Jean-Pierre is sy kamer.

Clarissa se kamer.

Kayla se kamer.

No comments:

Post a Comment