Tuesday, August 25, 2009

Clarissa glimlag

Ek en Corrie het vanoggend probeer om so paar fototjies van Clarissa te neem terwyl sy glimlag. Hier was darem so paar suksesvolle pogings. Ek moet ook noem dat ons haar wakker gemaak het hiervoor. Julle sal uit die eerste foto kan sien dat sy so pas wakker geword het.




Mokuru Game Ranch

Ons was die naweek wat verby is saam my ma-hulle na Mokuru Game Ranch. Dit was so lekker om weer weg te kom en net te gaan ontspan in die bosveld. Die lekkerste van alles is ons was almal op die groot plaas en daar was geen ander mense nie. Die Main Camp waar ons gebly het was ook baie groot so mens het nooit gevoel dat mens in ander se pad is nie.

Hierdie is vanaf die swembad geneem en julle kan die kamers in die agtergrond sien.

Daar is groot klippe in die omgewing en hier sit Kayla op een van die klippe agter die boma.


Hier sien mens die boma van bo die klip af. Ons het hier gebraai en die grasdak is waar die sitkamer is.
Die kombuis is lekker ruim en daar was plek vir ons almal. Dit is geneem vanuit die sitkamer.

Jean-Pierre tydens ons wildrit.

Kayla ook tydens die wildrit.

Kayla en Corrie het gaan klippe gooi vir die vlermuise.

Ons het Sondagoggend voor ontbyt so entjie gaan stap en wild gaan kyk. Hier loop Jean-Pierre, Edrich en Danie.

Jean-Pierre is nog vol energie so aan die begin van ons stappie.

Kayla huppel hier ver voor ons in die paadjie.

Ek en Jean-Pierre sit hier voor die dam en Corrie en Kayla het oor die damwal gaan stap. Ons het later weer saam met hulle daar gaan stap.

Corrie saam met die kinders.

Hier is die 5 kleinkinders aan die De Koker kant. Te oulik vir woorde!!!

Jean-Pierre en Edrich het baie lekker gespeel die naweek. Hulle is nou sulke lekker maatjies.

Army

Ouma Sarie het vir Kayla en Jean-Pierre hierdie army overalls gekoop en hulle het elkeen hulle eie kettie gekry. Hulle speel so lekker daarmee. Jean-Pierre wil nie eers sy army klere uittrek nie. Hulle is hier nogals goed gekamoefleer tussen die grasse.






Gold Reef City

Ons was saam met Ouma en Oupa Lötter Gold Reef City toe. Dit was 'n heerlike dag. Kayla en Jean-Pierre het dit baie geniet. Hulle wou nie eers huis toe gekom het nie. Ons sal dit verseker weer moet doen. Dalk kan Edrich saamkom volgende keer.








Potjiekos dag

Ons het so 2 weke terug gaan springbok potjie eet by my ouers. Dit was regtig baie koud gewees. Die middag was daar ysreën gewees. Dit lyk amper soos sneeu op die fotos.


Hier tel Kayla van die ysreën op. Hulle hande het baie koud gekry.

Jean-Pierre en Edrich wys vor Corrie al die ys wat hulle buite opgetel het.

Oupa Gert gesels so bietjie met Clarissa.

Ouma Adri kuier ook so bietjie met Clarissa.

Hier is Clarissa by Ouma en Oupa de Koker.