Tuesday, August 25, 2009
Mokuru Game Ranch
Ons was die naweek wat verby is saam my ma-hulle na Mokuru Game Ranch. Dit was so lekker om weer weg te kom en net te gaan ontspan in die bosveld. Die lekkerste van alles is ons was almal op die groot plaas en daar was geen ander mense nie. Die Main Camp waar ons gebly het was ook baie groot so mens het nooit gevoel dat mens in ander se pad is nie.
Hierdie is vanaf die swembad geneem en julle kan die kamers in die agtergrond sien.
Daar is groot klippe in die omgewing en hier sit Kayla op een van die klippe agter die boma.

Hier sien mens die boma van bo die klip af. Ons het hier gebraai en die grasdak is waar die sitkamer is.
Die kombuis is lekker ruim en daar was plek vir ons almal. Dit is geneem vanuit die sitkamer.
Jean-Pierre tydens ons wildrit.
Kayla ook tydens die wildrit.
Kayla en Corrie het gaan klippe gooi vir die vlermuise.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dit lyk asof julle lekker gerus het die naweek. Ek kan self nogal doen met 'n paar nagte in die bos :-)
ReplyDeleteAag dis so mooi. Clarrissa lyk soos 'n pop tussen al die kinders. Mamma
ReplyDelete