Wednesday, April 29, 2009

Uitstappie na die Voortrekker Monument

Babbelbekkies was gister op 'n fantastiese uitstappie na die Voortrekker Monument. Toe ons daar aankom het hulle dadelik op die ossewa geklim. Aalwyn - die organiseerder - het die osse begin inspan en toe het ons almal deur die veld op die ossewa gaan ry. Die kinders het dit omtrent geniet.





Nadat hulle op die ossewa gery het, het hulle afbeweeg na die piekniek area waar hulle stokbrood gebraai het. Aalwyn het vir hulle stroop in die stokbrood gegooi nadat hulle dit klaar gebraai het en almal het dit heerlik geëet - die ma's ook. Ouma Sarie het al die kinders gehelp om die vuur en natuurlik het sy van Kayla ook onthou, sy het sommer vir haar ook 'n stokbrood gebraai en Kayla het dit baie geniet toe sy dit gisteraand saam met haar aandete kon eet.



Hier wys Jean-Pierre vir Oupa Hannes hoe sy stokbrood lyk.

Nadat hulle geëet het, het hulle gaan klei lat gooi. Jean-Pierre het dit baie geniet. Daarna het hulle bokdrolle gespoeg, Jean-Pierre wou dit glad nie doen nie, maar die ander maatjies en Ouma Sarie het dit nou baie geniet.


Laastens het hulle binne die Voortrekker Monument gaan rondloop en na alles gekyk wat in daardie tye gebeur het. Dit was 'n wonderlike dag!




Wednesday, April 22, 2009

Clarissa

Maandag was ons vir die 4-D sonar. Wat 'n belewenis. Kayla en Jean-Pierre het dit net so baie geniet. Dit was ongelooflik om te kon sien hoe Clarissa rondbeweeg en haar hande oop en toe maak.

Sy lyk pragtig en ons kan nie meer wag vir haar geboorte nie.


Ooievaarstee vir my en Arinda

Saterdag, na die atletiekdag, het ons by my ma-hulle gaan kuier. Dit was 'n verassings-ooievaarstee vir my en Arinda. Ongelukkig het Wanda so paar dae voor die tyd vir Arinda gebel om uit te vind of ek weet van die ooievaarstee, min wetend dat dit vir Arinda ook 'n verassing moet wees. Kayla het ook die slapies begin aftel en toe sy eendag noem hoeveel slapies daar nog oor is voor 'n belangrike dag waarvan ek nie mag weet nie, toe weet ek natuurlik presies!

Maar die ooievaarstee was baie lekker. My skoonma en Beatrix was daar. My vriendinne Wanda, Lizelle en Liesl was daar. Al my ma se vriendinne was daar en 'n hele klompie van Arinda se vriendinne. Ons het baie lekker gekuier en ek en Arinda het ongelooflik baie geskenke gekry. Dit is die mooiste goedjies wat ons gekry het en ek kan nie meer wag om dit vir Clarissa aan te trek nie.

Ons het sommer vir Kayla, Megan en Shane gevra om die geskenke uit te deel. Hulle het dit omtrent geniet, ons moes net bybly om al die geskenke oop te maak want hulle het op 'n stadium nogals begin spoed optel daar :-)

Baie dankie Mamma vir al die reelings, dit was regtig lekker en ek kan nogsteeds nie glo dat ek en Arinda amper dieselfde tyd 'n baba gaan ryker word nie!







Interkleuterskool Atletiekdag 2009

Daar was hierdie jaar 5 kleuterskole wat deelgeneem het aan die atletiekdag. Elke skool stap op die veld op die maat van marsmusiek. Daarna kom elke skool se dirrigente op waarna die skool 'n liedjie sing. Die meeste skole wat deelgeneem het, het oor die 70 kinders in die skool. Babbelbekkies het net 18 kindertjies!

Die 2 - 3 jariges jaag dan resies op hulle skopfietse en almal is natuurlik wenners! By die wenpaal kry elke kind 'n medalje of lekker. Elke skool kan self besluit watse prys hulle vir die kinders wil gee.

Nadat die kleintjies op hulle fietsies gejaag het, is daar 'n Playball hindernes baan vir die 3 - 6 jariges.

Aan die einde van die dag is daar naellope vir die ouers waarna die groot toutrek kompetisie is. Hierdie jaar het Babbelbekkies se damesspan die toutrek gewen. Baie geluk aan al die mammas, oumas en tannies wat deelgeneem het.

Deur die loop van die dag is daar 'n verskeidenheid eetgoed wat verkoop word. Elke skool kry 'n tafel en dan verkoop hulle kos, lekkers, koeldrank of roomys.

Hier stap Babbelbekkies op die baan na hulle Gazebo toe.

Kayla en Dominique is vol grappies so vroeg die oggend. Die kinders geniet die dag ongelooflik baie.
Jean-Pierre het nog heerlik aan 'n pannekoek terwyl hulle besig is met die optog. Ons het al net na 07:00 die oggend by die huis gery en daar was ongelukkig nie tyd vir ontbyt nie.
Jean-Pierre begin met sy Playball hindernesbaan, hy het baie goed gedoen.

Hier buk hy om die boontjiesakkie op te tel.
Kyk net hoe oulik balanseer hy sy boontjiesakkie op sy kop!
En hier skop hy die bal! En dit was reguit!

Elke Mamma kry 'n takie vir die dag en my takie was om die medaljes vir elke kind uit te deel. Jean-Pierre glimlag hier vir my en is oppad om sy medalje te kom haal.

En hier is die dames besig om tou te trek. Dankie Ouma Sarie en Tannie Beatrix dat julle vir Babbelbekkies ondersteun het!

Tuesday, April 14, 2009

'n Dag by Johannesburg Dieretuin

Ons was gister vir die dag na Johannesburg Dieretuin toe. Dit was 'n heerlike ontspannende dag gewees. Ons het seker 'n hele paar kilometers geloop en almal was maar lekker moeg toe ons teen 17:00 weer by die dieretuin huis toe gery het. Soos wat dit gaan na so lang dag en mens net by die huis wil kom, kry ons toe 'n padblokkade op die snelweg. Die karre het in albei rigtings doodstil gestaan sodat die Metropolisie so bietjie die mense weer kan aftrek en lisensies nagaan ens. Gelukkig het ons wel op die ou end darem by ons huise aangekom, stowwerig en doodmoeg.

Lötter familie (vanaf links) - Gustav, Kayla, Amoré, Ulandi, Jean-Pierre, Corrie, Ma Sarie, Zanke, Pa Hannes, Yannis, Eugene, Beatrix


Hier lê Zanke en Yannis dol gelukkig in hulle stootwaentjie. Hulle het die buitelug so so geniet soos die ander.


Kayla en Jean-Pierre sit hier bo-op die muur by die meerkatte se hok. Hieronder demonstreer Jean-Pierre mooi hoe 'n meerkat sit.


Beatrix en Zanke kyk ook na die nuuskierige meerkatte.




Van links: Amore, Ulandi, Jean-Pierre en Kayla

Jean-Pierre staan reg sodat Oupa fotos van hom kan neem by die kanon. Om een of ander rede wil hy nie vir ons gaan staan vir fotos nie maar net vir Oupa.

Hier sit die Oerang Utang. (ek hoop die spelling is reg)

Ouma en Kayla kyk hoe die rob verby hulle swem.

Hierdie was die vorige leeuhokke gewees. Dit is nou oop vir die publiek. Oupa, Kayla en Jean-Pierre het hulle verbeel dat hulle leeus is en so bietjie daar gaan speel.

Jean-Pierre brul net soos 'n kwaai leeu hier vir die mense.

Hier sit Kayla en glimlag vir die kamera en Jean-Pierre is 'n baie kwaai leeu.

Langs die Old Elephant House (vanaf links) Kayla, Corrie, Jean-Pierre, Oupa, Ouma en Zanke. Daar was groot Koi's in die dam gewees en almal kyk na die Koi's.

Jean-Pierre wou net na die krokodille gekyk het. Gelukkig was daar baie krokodille gewees om te sien.

Hier is 'n pragtige wit leeu manntjie.

Hier lê twee leeu wyfies en bekyk al die mense.

Die ysbeer het was omtrent besig gewees om die gras bymekaar te maak. Hy het eers al die gras op 'n hopie gegooi en daarna dit versprei en met sy rug daarin gaan rol.


Jean-Pierre is alweer reg vir 'n foto, maar as ons 'n familie foto wil neem dan hardloop hy weg.

Van links: Gustav, Amore, Kayla en Jean-Pierre.