Die Paashaas het gisternag besoek kom aflê by ons huis. Kayla het 01:00 wakker geword en gesien die Paashaas was in haar kamer en sommer dadelik vir Jean-Pierre gaan wakker maak. Hulle het na ons kamer toe gekom en vir ons vertel maar natuurlik was ons heeltemal onkant gevang aangesien ons verkies om 01:00 die oggend te slaap. Ons het hulle teen hulle wil terug gejaag bed toe en gesê hulle mag nie opstaan voordat die son skyn nie. Shame, die tweetjies was nou glad nie beïndruk met hulle ouers nie.
Wel, 06:15 het ons maar ingegee en toe die soektog na paaseiers begin in die huis.
Hier is ons in Kayla se kamer met van die paaseiers wat sy gekry het. Die Paashaas se voetspore het orals as bewyse dat hy wel daar was agtergebly.
Friday, April 10, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Te oulik!! Sommer voetspore en al. Ek sal moet begin lysies maak van al julle oulike idees!
ReplyDeleteHet hulle nou nie lekker gesmul aan al die sjokolade nie... Hulle het dit nou regtig sommer baie geniet om elke nou en dan 'n nuwe hasie se blink papier af te skeur en die sjokolade sorgvuldig te knubbel :-)
Liefde Groete
xx