Die honde het goed aangepas met Clarissa wat nou baie aandag kry. Zorro is regtig baie lief vir Clarissa en wil heeltyd aan haar ruik en sal sommer haar gesig skoon lek as hy die kans kry. Gemma is ook glad nie meer bang vir Clarissa nie en wil ook nou die heeltyd aan haar ruik en as Clarissa begin huil wil Gemma hê ek moet sommer dadelik gaan kyk wat fout is.
Thursday, September 24, 2009
Al die kinders!
Ons het vandag so paar fototjies geneem van al die “kinders” in die huis. Dit is nou die mense kinders en die honde kinders in die huis. Die mense kinders was so bietjie vuil van die dag se speel, en die honde kinders was weer skoner as gewoonlik aangesien hulle gister by die Doggy Parlour was.
Die honde het goed aangepas met Clarissa wat nou baie aandag kry. Zorro is regtig baie lief vir Clarissa en wil heeltyd aan haar ruik en sal sommer haar gesig skoon lek as hy die kans kry. Gemma is ook glad nie meer bang vir Clarissa nie en wil ook nou die heeltyd aan haar ruik en as Clarissa begin huil wil Gemma hê ek moet sommer dadelik gaan kyk wat fout is.

Die honde het goed aangepas met Clarissa wat nou baie aandag kry. Zorro is regtig baie lief vir Clarissa en wil heeltyd aan haar ruik en sal sommer haar gesig skoon lek as hy die kans kry. Gemma is ook glad nie meer bang vir Clarissa nie en wil ook nou die heeltyd aan haar ruik en as Clarissa begin huil wil Gemma hê ek moet sommer dadelik gaan kyk wat fout is.
Monday, September 7, 2009
Kayla se Entrepreneursdag - 2009
Vrydag, 4 September, was nie net Kayla se Entrepreneursdag nie, maar ook Loslitdag.
Natuurlik het Corrie weer besluit om die mense te vermaak met Loslitdag en hy het besluit die keer is dit die motoriste wie se dag gemaak moet word oppad werk toe. Hy het homself en sy bike bietjie “versier”.
Kayla se Entrepreneursdag het baie goed afgeloop. Sy het pannekoeke, Mariekoekies met marsmallows, melkterte en inspuitings met kondensmelk verkoop. Sy het al haar eetgoed verkoop behalwe vir ‘n paar Mariekoekies. Ek kon nie glo dat sy al haar eetgoed verkoop het nie, ek het regtig vir haar part gehoop dat dit suksesvol gaan wees en toe was dit. Ek is ongelooflik bly vir haar part.
Ouma Adri en Oupa Gert het al vroeg oggend begin om pannekoek te bak by die skool. Dit was nogals 'n uitdaging omdat die wind die heeltyd die vlammetjies weggewaai het en die ry vir die pannekoek het sommer baie vinnig lank geword.

Subscribe to:
Posts (Atom)