Natuurlik het Corrie weer besluit om die mense te vermaak met Loslitdag en hy het besluit die keer is dit die motoriste wie se dag gemaak moet word oppad werk toe. Hy het homself en sy bike bietjie “versier”.
Kayla se Entrepreneursdag het baie goed afgeloop. Sy het pannekoeke, Mariekoekies met marsmallows, melkterte en inspuitings met kondensmelk verkoop. Sy het al haar eetgoed verkoop behalwe vir ‘n paar Mariekoekies. Ek kon nie glo dat sy al haar eetgoed verkoop het nie, ek het regtig vir haar part gehoop dat dit suksesvol gaan wees en toe was dit. Ek is ongelooflik bly vir haar part.
Ouma Adri en Oupa Gert het al vroeg oggend begin om pannekoek te bak by die skool. Dit was nogals 'n uitdaging omdat die wind die heeltyd die vlammetjies weggewaai het en die ry vir die pannekoek het sommer baie vinnig lank geword.







Baie geluk Kayla!! Ek is baie bly dat al jou eetgoed verkoop het hierdie jaar. Dit was voorwaar 'n groot sukses gewees.
ReplyDeleteDit is wonderlik dat al die Ouma's en Oupa's so ingespring het om hulle kleindogter te help met hierdie groot geleentheid.
Mag Tant Marie volgende jaar 'n groter sukses wees :-)