Saturday, November 21, 2009

Lotter - "Band"

Ja nee, een van die dae gaan ons baie bekende "band" die hele land vol optree :-)

Kayla speel haar kitaar, Jean-Pierre speel sy dromme, Corrie speel sy saxofoon en Clarissa speel haar klokkies.  Ek sal maar die bestuurder wees.....














Playball Prysuitdeling

Dit was vandag Jean-Pierre se Playball prysuitdeling.  Elke jaar hou hulle 'n groot familie dag waartydens die sertifikate en medaljes oorhanding word.  Sporty en Sportesse kom ook en dan kan al die kinders hulle in lewende lywe sien.  Hulle reel springkastele, treintjies en ponies en die kinders kan dan soveel as wat hulle wil op alles gaan speel of ry.  Daar is ook kosstalletjies, koeldrank en roomys wat mens kan koop. 

Daar is groot tafels vol cupcakes en lekkers.  Elke kind kry hulle eie sakkie en dan kan hulle self vir hulle lekkers inpak wat hulle dan kan eet.

Dit het so baie gereen die afgelope week dat die Playball organiseerders nie meer geweet het of vandag nog sou kon plaasvind nie. Indien dit gereen het sou elke kind net skoolsaal toe moes gaan en hulle medalje en sertifikaat gaan haal en dan hulle lekkers.  Dit sou regtig jammer gewees het as dit moes gebeur het aangesien die kinders ongelooflik baie uitsien na die dag.












Gelukkig het die weer so bietjie opgeklaar vanoggend.  Hier teen 11:30 het ons gesien die reen is weer BAIE naby.  Net nadat Kayla en Jean-Pierre op die ponies gery het, het dit begin reen.  Toe het ons maar gery.  Dit was 'n heerlike dag en almal het dit sommer baie geniet.

























Edrich se 3de verjaarsdag partytjie

Dit was 14 November Edrich se derde verjaarsdag.  Ons het sy "Spiderman" partytjie by "Imagine a Party" gehou.  Die kinders het dit ongelooflik baie geniet en daar was baie aktiwiteite waarmee hulle hulself mee kon besig hou.  Dit was 'n baie warm somersdag en die perfekte dag vir 'n partytjie.


Tannie Beatrix kom groet vir Jean-Pierre.


Jean-Pierre het lekker op die karretjie en spoor gery.


Corrie kyk mooi na die kinders.


Zanke en Kayla by die partytjie tafel.


Zanke het lekker partytjie gehou en sy was mal oor haar lekkergoed armband.


Yannis het net so lekker partytjie gehou en ek weet nie of hy of Beatrix die taaiste was van al die lekkers nie, maar dit was dit werd.


Hier is ek by Zanke en Kayla en Jean-Pierre is ook in die foto.  Hulle het lekker gespeel.


Kayla en Edrich ry te lekker op die trekker.  Edrich is al agter Kayla aan.  Dit is te oulik!
Tannie Beatrix hou so bietjie vir Clarissa vas.



Edrich was baie bly toe Kayla by die partytjie aangekom het.


Jean-Pierre wys my hoe sy Spiderman-masker lyk.

Sunday, November 8, 2009

Foto sessie...

Ons het vandag 'n paar fotos geneem van die kinders.  Dit is een maand voor Kayla se 9de verjaarsdag.  Jean-Pierre sal 5 jaar oud wees in Februarie en Clarissa is nou 4 1/2 maande oud.  Clarissa wou natuurlik niks weet van lag vir die kamera nie, maar ons het darem op die ouend so paar oulike fotos van almal ingekry. 









Monday, November 2, 2009

Naam Betekenisse

Ek het sommer so bietjie gaan ou fotos soek van die 3 Lottertjies en hulle naam betekenisse gaan opsoek. Toe besluit ek om dit sommer op die blog te sit.