Ons was die naweek bietjie weg saam met die familie na Gethlane Lodge, buite Burgersdorp, Mpmulalanga. Dit was so lekker gewees. Eers het ons 'n draai gemaak by die Sudwala Grotte en die Dinosaur Park. Die kinders het die vreeslik baie geniet.
Verder het ons die hele naweek by Gethlane Lodge spandeer. Dit was net lekker om te ontspan en die tyd saam met die kinders te geniet.
Sondag was ons 12de huweliksherdenking en dit was sommer net spesiaal om saam met Corrie die dag te geniet.
Ons almal het ernstig 'n wegbreek nodig gehad en die naweek het ons almal sommer baie goed gedoen.
Ek sal later nog swem fotos opsit, Corrie is nog besig met die editing.
Friday, November 12, 2010
Thursday, July 29, 2010
Kayla het vandag draadjies gekry!
Kayla het vandag begin met haar Fase 1 behandeling vir haar tande. Hier is so paar "before and after" fotos. Die rekkies is pienk en pers.
Jean-Pierre se kunswerke vir die kultuurweek 2010
Babbelbekkies het hierdie jaar weer ingeskryf vir die kultuurweek by Laerskool Rooihuiskraal. Die beoordelaar het hulle kunswerke beoordeel en Embrie, Jean-Pierre se juffrou, het vir my gese dat die beoordelaar wou weet wie het vir Jean-Pierre gehelp met sy tekening. Hy het dit heeltemal self gedoen en sy was baie beindruk met sy talent. Sy het haar telefoonnommer gelos sodat Jean-Pierre kan gaan vir kunsklasse by haar. Ons is baie trots op hom.
Papier Mache - Kat
Lapverf - Vis
Keramiek - Mannetjie
Skilderkuns met Pastelle - Uil
Saturday, July 24, 2010
Kultuurweek 2010
Jean-Pierre se foto inskrywings vir die kultuurweek by Laerskool Rooihuiskraal. Hulle tema was mense. Hy het by die parkie die fotos self geneem. Corrie was besig om die tennisbaan se heining reg te maak en hy het op sy eie fotos geneem van die dogtertjie en die seuns wat sokker gespeel het.
Kayla se foto inskrywings: Hulle tema was geboue. Corrie het haar na die Graan gebou toe gevat waar my skoonpa werk en sy het so paar fotos daar geneem.
Sodra die fotos beoordeel is sal ons laat weet watse punte hulle gekry het. Hou styf duim vas vir hulle :-)
Subscribe to:
Posts (Atom)







