Babbelbekkies het hierdie jaar weer ingeskryf vir die kultuurweek by Laerskool Rooihuiskraal. Die beoordelaar het hulle kunswerke beoordeel en Embrie, Jean-Pierre se juffrou, het vir my gese dat die beoordelaar wou weet wie het vir Jean-Pierre gehelp met sy tekening. Hy het dit heeltemal self gedoen en sy was baie beindruk met sy talent. Sy het haar telefoonnommer gelos sodat Jean-Pierre kan gaan vir kunsklasse by haar. Ons is baie trots op hom.
Papier Mache - Kat
Lapverf - Vis
Keramiek - Mannetjie
Skilderkuns met Pastelle - Uil




No comments:
Post a Comment