Saturday, July 24, 2010

Sommer maar net...

So paar fotos van "alles" in my lewe.  Hierdie kinders is my alles en ek kan nie my lewe sonder hulle indink nie.  Clarissa (alhoewel die 3de) het sy ons gesinnetjie voltooi!

Clarissa geniet haar swaai sommer baie.  Hierdie swaai het my ouma nog vir Kayla gekoop toe sy 'n baba was!

Kyk net daai gesiggie!

Jean-Pierre kry ook 'n beurt om vir Clarissa te swaai.

Gemma en Zorro moet ook altyd in die prentjie wees!  Hierbo is Zorro in die foto langs Jean-Pierre.

Al 5 ons kinders op een foto!  G'n wonder ek is so moeg in die aande nie :-)

Kayla en Gemma

Gemma, ons praghond!

En Zorro, haar boetie.

Gemma is baie lus om Clarissa se kos te eet.  Dit was elke keer baie amper of sy het daardie kos gelek, maar sy weet van beter.

Kayla, Clarissa en Jean-Pierre

No comments:

Post a Comment