Saturday, July 24, 2010

Clarissa se 1ste verjaarsdag!

En toe ons weer sien is daar al 'n jaar verby! Soms kry ek 'n klemming om my hart as ek dink aan hoe vinnig ons kinders groot word. Kayla word amper 10, einde volgende jaar moet Jean-Pierre al ingeskryf word vir die Laerskool, en Clarissa het so pas een jaar oud geword!


Dit is ongelooflik hoe vinnig die tyd verby gaan, soms voel dit asof daar nog baie tyd oor is maar voordat ons sien dan is dit al verby!


Ons het Zian en Clarissa se partytjie sommer op dieselfde dag gehou. Dit was 'n heerlike wintersdag, so dat die kinders later met kortmou klere hier rondgehardloop het. Die partytjie was baie lekker! Die kinders het lekker met mekaar gespeel en die grootmense het net so lekker gekuier en heeltemal te veel koek geeet!


Hier is so paar fotos van die dag:


No comments:

Post a Comment