Friday, November 12, 2010

Gethlane Lodge en omgewing

Ons was die naweek bietjie weg saam met die familie na Gethlane Lodge, buite Burgersdorp, Mpmulalanga.  Dit was so lekker gewees.  Eers het ons 'n draai gemaak by die Sudwala Grotte en die Dinosaur Park.  Die kinders het die vreeslik baie geniet. 

Verder het ons die hele naweek by Gethlane Lodge spandeer.  Dit was net lekker om te ontspan en die tyd saam met die kinders te geniet. 

Sondag was ons 12de huweliksherdenking en dit was sommer net spesiaal om saam met Corrie die dag te geniet.

Ons almal het ernstig 'n wegbreek nodig gehad en die naweek het ons almal sommer baie goed gedoen.

Ek sal later nog swem fotos opsit, Corrie is nog besig met die editing.







 










 








 












No comments:

Post a Comment