Friday, April 3, 2009

2 Aande tussen die Berge

Ons was vir 3 dae Franschhoek toe. Corrie het 'n prys by hulle Autopage Sales Conference gewen en dit het vliegtuigkaartjies, hotel verblyf in Le Franschhoek Hotel & Spa (5 ster hotel) asook chauffeer vervoer ingesluit. Dit was baie lekker om so bietjie weg te kom veral net so voor Clarissa se geboorte.
Hierdie restaurant is op die hotel se perseel. Ons het albei aande daar gaan eet. Al die tafels is privaat in hulle eie glashuisie gebou met 'n pragtige uitsig oor die berge. Dit was nogals besonders gewees. Die kos was ook fantasties.

Hier is ons reg voor die Hugenoot Monument. Die monument is aan die einde van die hoofstraat en het 'n uitsig oor al die berge.




Ons moes net 'n foto neem by die groot teddiebeer by een van die winkeltjies se ingang. Dit is spesiaal vir die kinders geneem.


Hierdie is die uitsig vanuit ons kamervenster gewees. Ons het reg op die berge gekyk. Toe ons Dinsdag opstaan was daar 'n laag wolke op die berge en dit het die heeldag so gebly.




1 comment:

  1. Baie dankie vir die pragtige foto's!

    Wens ek kon by een van die tafeltjies sit en die uitsig indrink. Dit is PRAGTIG!!

    Dankie dat julle die foto's met ons gedeel het.

    Groetnis
    xx

    ReplyDelete