Die 2 - 3 jariges jaag dan resies op hulle skopfietse en almal is natuurlik wenners! By die wenpaal kry elke kind 'n medalje of lekker. Elke skool kan self besluit watse prys hulle vir die kinders wil gee.
Nadat die kleintjies op hulle fietsies gejaag het, is daar 'n Playball hindernes baan vir die 3 - 6 jariges.
Aan die einde van die dag is daar naellope vir die ouers waarna die groot toutrek kompetisie is. Hierdie jaar het Babbelbekkies se damesspan die toutrek gewen. Baie geluk aan al die mammas, oumas en tannies wat deelgeneem het.
Deur die loop van die dag is daar 'n verskeidenheid eetgoed wat verkoop word. Elke skool kry 'n tafel en dan verkoop hulle kos, lekkers, koeldrank of roomys.
Jean-Pierre het nog heerlik aan 'n pannekoek terwyl hulle besig is met die optog. Ons het al net na 07:00 die oggend by die huis gery en daar was ongelukkig nie tyd vir ontbyt nie.
Jean-Pierre begin met sy Playball hindernesbaan, hy het baie goed gedoen.
Kyk net hoe oulik balanseer hy sy boontjiesakkie op sy kop!
No comments:
Post a Comment