Monday, February 22, 2010

A day at the Zoo!

Ons het Saterdag vir die dag saam met Pieter en Carla diertetuin toe gegaan.  Dit was 'n heerlike dag en die kinders het dit ongelooflik baie geniet.  Hulle het lekker gespeel, op die ferry gery en sommer net lekker diere gekyk. 

Dit was seker ons laaste uitstappie saam met Carla en Pieter aangesien hulle Maart maand Botswana toe trek.  Pieter werk al 'n hele rukkie daar en hulle het nou 'n huis gekry, hulle huis verkoop, en nou moet hulle net trek.  Ek verstaan nie hoekom almal altyd ver moet trek wat na aan ons harte is nie, maar eendag sal ons seker verstaan wat die doel daarmee is.

Dit is regtig baie jammer dat hulle nou so ver gaan bly maar hulle het vir ons uitgenooi om te kom kuier en ons sal verseker bietjie daardie kant toe gaan.  Clarissa sal net 'n paspoort moet kry en dan is ons reg!

Hier is hulle op die ferry, maar ongelukkig was die een bespreek vir 'n ander groep toe moes ons eers afklim en weer wag vir die volgende een :-)








Jean-Pierre die gorilla!

Kayla - ook 'n gorilla!
Kayla, Anrea, Chris en Jean-Pierre -hulle sit hier op die Memorial-stoel vir Max, die gorilla, wat deur 'n inbreker in die dieretuin doodgeskiet is. 


Corrie en Pieter
Chris en Jean-Pierre by die kanon.
'n Hoenderhennetjie met haar kuikens, dit was net so oulik.
Ja nee, hier is die leeus weer in hulle hokke.
Kyk net hoe kwaai!
Carla het ook 'n draai gaan maak in die leeuhok :-)
Hierbo is 'n baba flamink.  Hy het al agter die ou aangeloop en gekerm.  Die man werk in die dieretuin.  Dit was te dierbaar.
Die flaminke

Pieter, Carla, Andrea en Chris
Die gras is groener aan die ander kant van die draad.... kyk net hoe strek die olifant om die grasies aan die ander kant by te kom.
Kayla, Jean-Pierre en Clarissa

Andrea, Jean-Pierre en Kayla








Carla by Clarissa
Kayla, Jean-Pierre en Clarissa net voordat ons weer uit gegaan het.
Andrea, Kayla, Jean-Pierre, Clarissa en Chris


DIE EINDE

No comments:

Post a Comment