Wednesday, July 1, 2009
Vrydag, 26 Junie, is Clarissa gebore.
Wat 'n interessante dag! My hele swangerskap deur het ek gehoop dat Clarissa eers gebore sal word sodra die skole gesluit het vir die skoolvakansie. Dit sou net al die ander reëlings met die kinders vergemaklik. Hoe nader ons aan die tyd gekom het, hoe meer het ek gehoop sy wil nou net gebore word. Vrydag, 26 Junie, het die skole om 10:00 gesluit vir die skoolvakansie. Ons is daarna gou Wimpy toe om iets te gaan drink. Ek het my verbeel ek kry kontraksies, maar was nie seker nie. Ons het huis toe gekom en kom muffins bak. Die oomblik toe dit reg was het ons dit uit die oond gehaal en gou na Arinda toe gestap (die kinders het fiets gery) en daar gaan kuier. My kontraksies het al sterker begin raak en was later 5 minute uitmekaar. Ek het vir Corrie so 14:00 gebel en gesê ek dink dit is kontraksies maar ek is nie seker nie ek sal hom weer bel as hy moet huis toe moet kom. So 15 minute later het my water gebreek. Gelukkig was ek by Arinda, dit is baie beter as om alleen te wees. Corrie was seker binne 15 minute by die huis. Ons het met Arinda se hulp alles vinnig reggekry en gepak en is toe hospitaal toe.
Clarissa is toe 18:18 gebore. Sy het 3,3kg geweeg en was 47cm. Albei haar Apgar tellings was 9/10.
Hier kom ontmoet Kayla en Jean-Pierre hulle nuwe sussie. Hulle is baie trots op hulle nuwe sussie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dit is pragtige fotos!!!! Regtig sommer baie spesiaal!! Baie dankie dat julle die foto's met ons almal deel, maar ek is seker sy lyk en voel baie spesiaal in lewende lywe :-)
ReplyDeleteGee asb baie drukkies en baie soentjies van ons 4 af!!
Groetnis
xx