Wednesday, July 1, 2009

Ons gaan huis toe!

Ons het Sondag alweer huis toe gegaan. Hier is ons laaste paar fototjies wat ons in die hospitaal geneem het.

Jean-Pierre hou vir Clarissa vas. Hy wil graag die foto vir Juffrou Embrie gaan gee.

Hier is die 3 kinders by mekaar. Is hulle darem nie oulik nie?

Kayla wil graag die foto weer vir Juffrou Nita gaan gee. Sy is so trots op haar kleinsus.

Hier is ek saam met my 3 kinders.

Hier is Corrie saam met sy pragtige kinders.

Clarissa sit vir die eerste keer in haar karstoeltjie. Mens kan nie glo dat hulle so klein is nie.

Clarissa se eerste bad by die huis.

Hier smeer ek so bietjie room aan haar lyfie voordat sy aangetrek word.

1 comment:

  1. Clarissa voel seker soos 'n celebrity. Daar is altyd 'n kamera in die omtrek en daar is altyd 'n skare mense wat haar volg :-)

    ReplyDelete