Kayla het soos altyd die fotosessie baie geniet. Sy is mal daaroor om vir die kamera te “pose”. Jean-Pierre aan die anderkant hou weer niks daarvan as ons fotos neem nie. Gewoonlik hardloop hy weg nog voordat ons hom eers kon afneem. Hy het dit darem ook geniet en ek is regtig baie bly dat ons nou weer mooi familie fotos het waar ons almal in is.
Ek hoop julle geniet die fotos sommer baie! Ek dink regtig ons het so paar mooi prentjies vasgevang op die kamera.
Baie liefde
Ulandi
Dit is besonderse mooi foto's!!!
ReplyDeleteAg maar dit is pragtig! Dit is sowaar baie mooi foto’s en jy kan trots wees op jou pragtige gesin! Arinda
ReplyDelete