Wednesday, July 1, 2009
Dag 2 in die hospitaal
Dag twee het die kinders lekker kom kuier by Clarissa. Jean-Pierre was daardie dag baie siek gewees. Ons vermoed hy het gastro gehad, maar gelukkig het dit darem die volgende dag al bietjie beter gegaan. Hy is so trots op sy nuwe sussie, hy kom gesels ook kort-kort met haar.
Kayla is net so trots op die klein bondeltjie. Sy het tydens my swangerskap net die heeltyd gesê dat sy nooit haar "nappies" gaan omruil nie, en sy wou gisteraand self Clarissa se doek omgeruil het en sy het ook. Wys jou net "Never say never" :-)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Sy is pragtig!!
ReplyDeleteKan net dink hoe lekker speel Kayla en Jean-Pierre pop!
Mis julle baie.
Kan nie wag om haar vas te hou nie.
Lekker aand
xxx