Saturday, July 4, 2009

Clarissa by Gemma en Zorro

Vandat ons van die hospitaal af huis toe gekom het, het Gemma en Zorro hulle baie goed gedra by Clarissa. Hulle het glad nie vir haar geblaf nie.

Ons het vanaand voor badtyd gou so bietjie fotos van Clarissa geneem by Gemma en Zorro. Hulle stel baie belang in die nuwe mensie in die huis. Hulle ruik haar behoorlik op. Gemma was in die begin maar lekker bang vir haar gewees. Zorro is die een wat baie meer belangstel in haar en die heeltyd opstaan as ek met Clarissa nader kom om haar te groet. Clarissa is nou een week oud.

Vanaand was nou vir hulle baie vreemd om te hoor hoe Clarissa hik. Elke keer as hulle hik het hulle haar so snaaks aangekyk. Hulle wonder seker maar watse geluide maak sy.

Hierbo is Gemma se neus teenaan Clarissa. Mens kan ook nou sien hoe klein Clarissa is, of altans hoe groot Gemma en Zorro is.

Hier is Zorro weer besig om aan Clarissa te ruik. Van al die gehik, het daar so bietjie melk by haar mond uitgeloop.

Zorro se ogies is sommer so teer soos wat hy hier liefdevol na haar kyk.

Hier sit Clarissa bo-op Gemma se been. Gemma is maar nog so bietjie skrikkerig vir haar so mens moet maar naby staan sodat Clarissa nie hard op die vloer val wanneer Gemma besluit om weg te skuif nie.

No comments:

Post a Comment