Friday, June 5, 2009

Welkom Zian!

Zian is vanoggend net voor 10:00 gebore. Hy weeg 3, 61kg en is 50cm lank. Hy het tydens die geboorte vrugwater gesluk maar die dokter het sommer dadelik hom skoon gesuig en daarna is hy so paar minute broeikas toe om warm te word. Hy was so bietjie blou van die koue, maar vinnig het die suster hom na Arinda toe gevat om gevoed te word. Hy het natuurlik dadelik gulsig gedrink toe hy die kans kry. Arinda en Danie is baie trots op hulle seun en Edrich is net so trots op sy nuwe boetie.

Hier kyk Edrich na sy boetie.

Sommer so vinnige familie foto. Arinda, Danie, Edrich en Zian.

Al die niggies en nefies bymekaar. Binnekort sal Clarissa ook in die foto wees.

Kayla kon nie wag om vir Zian te ontmoet nie. Sy het lank so op die bed langs Arinda gesit en vir Zian vasgehou.
Hier is ek en Zian, ek kan nou nie meer wag vir Clarissa om gebore te word nie.

Jean-Pierre wou vanmiddag nie vir Zian vashou nie, maar toe ons vanaand soontoe gaan toe het hy so ewe trots sy nefie vasgehou.

Hier is Zian in die hospitaal bedjie met al sy naamkaartjies vasgemaak.
Leander en Janine het ook 'n beurt gekry om vir Zian vas te hou.
Nou moet ons nog net fotos neem waar Ouma en Oupa vir Zian vashou.

1 comment:

  1. Zian is pragtig!!

    Baie geluk Arinda en Danie!! Mag Zian vir julle net geluk en vreugde bring. Geniet elke oomblik saam met hom. Kan net dink dat Edrich baie trots is op sy nuwe boetie en dat hulle sommer nog baie lekker saam gaan speel.

    Ek dink Kayla en Jean-Pierre raak ook nou sommer baie opgewonde oor Clarissa se geboorte!!!

    Sterkte met die laaste mylpaal van die swangerskap en pas jouself op.

    Liefde
    xx

    ReplyDelete