Dit was 14 November Edrich se derde verjaarsdag. Ons het sy "Spiderman" partytjie by "Imagine a Party" gehou. Die kinders het dit ongelooflik baie geniet en daar was baie aktiwiteite waarmee hulle hulself mee kon besig hou. Dit was 'n baie warm somersdag en die perfekte dag vir 'n partytjie.
Tannie Beatrix kom groet vir Jean-Pierre.
Jean-Pierre het lekker op die karretjie en spoor gery.
Corrie kyk mooi na die kinders.
Zanke en Kayla by die partytjie tafel.
Zanke het lekker partytjie gehou en sy was mal oor haar lekkergoed armband.
Yannis het net so lekker partytjie gehou en ek weet nie of hy of Beatrix die taaiste was van al die lekkers nie, maar dit was dit werd.
Hier is ek by Zanke en Kayla en Jean-Pierre is ook in die foto. Hulle het lekker gespeel.
Tannie Beatrix hou so bietjie vir Clarissa vas.
Edrich was baie bly toe Kayla by die partytjie aangekom het.
.jpg)

.jpg)



.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)



























