Wat ‘n uitdaging! Ons het vandag probeer fotos neem van al die Lötter kleinkinders, en die kleinkinders saam met Ouma en Oupa. Ongelukkig was Jean-Pierre weer nie baie lus vir fotos nie en Yannis en Zanke wou meer huil as lag. Met babas moet mens maar altyd geduldig wees om fotos te neem en bereid wees om dit op ‘n ander dag weer te probeer as dit nie wou uitwerk nie. Ons het darem so paar oulike fototjies geneem al kyk almal elke keer in verskillende rigtings.
Op die fotos is Kayla, Jean-Pierre en Clarissa, Yannis en Zanke, asook Ouma Sarie en Oupa Hannes.
Ons het gister so bietjie familie fotos geneem terwyl Clarissa nog klein genoeg is vir hierdie spesiale fotos. Sy is 3 weke oud en groei nou baie vinnig. Alhoewel dit baie koud was, het sy nogals goed “gepose” vir die kamera. Shame, sy was op ‘n stadium nogals vol hoendervleis!
Kayla het soos altyd die fotosessie baie geniet. Sy is mal daaroor om vir die kamera te “pose”. Jean-Pierre aan die anderkant hou weer niks daarvan as ons fotos neem nie. Gewoonlik hardloop hy weg nog voordat ons hom eers kon afneem. Hy het dit darem ook geniet en ek is regtig baie bly dat ons nou weer mooi familie fotos het waar ons almal in is.
Ek hoop julle geniet die fotos sommer baie! Ek dink regtig ons het so paar mooi prentjies vasgevang op die kamera.
Baie liefde
Ulandi
Arinda en Zian het vandag hier kom kuier. Vir die eerste keer het ons vir Clarissa en Zian saam afgeneem. Hulle verskil maar net 3 weke, maar Zian is nogals baie groter as Clarissa. Hy het sommer sulke stewige handjies en lekker groot voetjies. Maar mens kan seker nie 'n dogtertjie en seuntjie met mekaar vergelyk nie :-)Verlede week wou iemand geweet het of hulle 'n tweeling is, hulle kon amper gewees het.
Ons het sommer so vinnig fototjies vandag geneem. Kayla en Jean-Pierre is nogsteeds net so trots op hulle babasussie ssos die dag toe sy gebore is - presies 15 daggies gelede. Hulle wil haar net die heeltyd vashou en help waar hulle kan. Kinders om voorwaar trots op te wees.
Ons het gister bietjie by Ouma en Oupa Assie gaan kuier. Oupa is nou ongelukkig nie in die fotos nie maar ons sal volgende keer ordentlike familie fotos neem. Louisa en Jo-Andrie het net so lekker gekuier met Clarissa.
Hier is Ouma Assie saam met my, haar kleinkind, en dan Kayla, Clarissa en Jean-Pierre, haar agterkleinkinders.
Vandat ons van die hospitaal af huis toe gekom het, het Gemma en Zorro hulle baie goed gedra by Clarissa. Hulle het glad nie vir haar geblaf nie. Ons het vanaand voor badtyd gou so bietjie fotos van Clarissa geneem by Gemma en Zorro. Hulle stel baie belang in die nuwe mensie in die huis. Hulle ruik haar behoorlik op. Gemma was in die begin maar lekker bang vir haar gewees. Zorro is die een wat baie meer belangstel in haar en die heeltyd opstaan as ek met Clarissa nader kom om haar te groet. Clarissa is nou een week oud.Vanaand was nou vir hulle baie vreemd om te hoor hoe Clarissa hik. Elke keer as hulle hik het hulle haar so snaaks aangekyk. Hulle wonder seker maar watse geluide maak sy.
Hierbo is Gemma se neus teenaan Clarissa. Mens kan ook nou sien hoe klein Clarissa is, of altans hoe groot Gemma en Zorro is.
Ja nee, daar is duidelik iets oor duimsuig in die Lötter-gene oor duimsig. Kayla het duim gesuig, Zanke suig duim, en nou lyk my gaan Clarissa dalk ook duimsuig.
Gisteraand toe Corrie haar gebad het, was sy baie ongelukkig en toe die volgende oomblik het sy sommer so self begin om daardie duim te suig.