Die Paashaas het gisternag besoek kom aflê by ons huis. Kayla het 01:00 wakker geword en gesien die Paashaas was in haar kamer en sommer dadelik vir Jean-Pierre gaan wakker maak. Hulle het na ons kamer toe gekom en vir ons vertel maar natuurlik was ons heeltemal onkant gevang aangesien ons verkies om 01:00 die oggend te slaap. Ons het hulle teen hulle wil terug gejaag bed toe en gesê hulle mag nie opstaan voordat die son skyn nie. Shame, die tweetjies was nou glad nie beïndruk met hulle ouers nie.
Wel, 06:15 het ons maar ingegee en toe die soektog na paaseiers begin in die huis.
Hier is ons in Kayla se kamer met van die paaseiers wat sy gekry het. Die Paashaas se voetspore het orals as bewyse dat hy wel daar was agtergebly.
Friday, April 10, 2009
Friday, April 3, 2009
2 Aande tussen die Berge
Ons was vir 3 dae Franschhoek toe. Corrie het 'n prys by hulle Autopage Sales Conference gewen en dit het vliegtuigkaartjies, hotel verblyf in Le Franschhoek Hotel & Spa (5 ster hotel) asook chauffeer vervoer ingesluit. Dit was baie lekker om so bietjie weg te kom veral net so voor Clarissa se geboorte.
Hierdie restaurant is op die hotel se perseel. Ons het albei aande daar gaan eet. Al die tafels is privaat in hulle eie glashuisie gebou met 'n pragtige uitsig oor die berge. Dit was nogals besonders gewees. Die kos was ook fantasties.

Hierdie restaurant is op die hotel se perseel. Ons het albei aande daar gaan eet. Al die tafels is privaat in hulle eie glashuisie gebou met 'n pragtige uitsig oor die berge. Dit was nogals besonders gewees. Die kos was ook fantasties.Die Tweeling!
Yannis het so pas wakker geword na 'n heerlike slapie onder Ouma Sarie-hulle se bome.
Kayla is so trots om haar nefie vas te hou.
Hier sit Jean-Pierre by Ouma Sarie en hou vir Zanke vas. Ouma Sarie gaan my afslag oor die foto :-)
Babbelbekkies se uitstappie
Babbelbekkies was op 'n uitstappie na die Rooihuiskraal Feesterrein net voordat die skole gesluit het vir die April skoolvakansie.
Jean-Pierre sit hier in die boom se mik waar ons gebraai het.
Jean-Pierre sit hier in die boom se mik waar ons gebraai het.
Monday, February 23, 2009
Speel, speel en speel...
Saterdag was 'n heerlike rustige dag hier by ons. Ons het so bietjie in die tuin gewerk en net die dag saam geniet as gesin.
Kayla en Jean-Pierre het so lekker saam gespeel. Ek was so bly om te sien dat hulle nou uiteindelik maatjies begin raak. Ons het nie een keer nodig gehad om met hulle te raas nie en hulle het glad nie baklei nie. Dit was wonderlik om te sien hoe hulle mekaar weer gevind het!
Dit was regtig 'n baie warm dag en die kinders het die heel middag in die sproeiers gespeel. Die trampoline was nou die lekkerste plek vir hulle om te speel tussen al die sproeiers. Jean-Pierre se broek sukkel net om bo te bly, al is die broek al omgevou bo. Hulle word nou so groot, elke keer as ek na hulle kyk kan ek nie glo hoe vinnig hulle groei nie.
Die aand het hulle besluit dat hulle eerder hier onder op komberse wil slaap in plaas van in hulle eie snoesige beddens. Dit was in elk geval nie baie lank voordat hulle besef het die die teels kan nogals hard raak nie, toe skuif hulle maar elkeen weer na hulle eie kamers toe.
Sunday, February 15, 2009
Jean-Pierre se 4de verjaarsdag partytjie
Ons het Jean-Pierre se 4de verjaarsdagpartytjie op Valentynsdag gehou. Hier was so 15 maatjies by die partytjie gewees. Na die hele week se reën, was die dag 'n wonderlike sonskyndag gewees. Dit het gelukkig glad nie gereën nie en ons was baie dankbaar daarvoor.

Toe die kinders hier aankom het hulle lekker gaan speel op die water springkasteel en elkeen het 'n hotdog gekry om daardie leë magies te vul.
Ollie die Nar was ons spesiale gas vir die dag en die kinders het dit ongelooflik baie geniet. Hy het vir Jean-Pierre een van sy CD's gegee omdat hy verjaar het, en die kinders vermaak met oulike liedjies en toertjies. Sy apie, Jollie, was ook hier en het die kinders nogals lekker laat lag met alles wat hy aangevang het.



Na die vertoning het Jean-Pierre sy koek se kersies gaan blaas en almal het hulle partytjie pakkies gekry. Die kinders het die partytjie regtig baie geniet. Jean-Pierre het net ongelukkig bietjie siekerig begin raak en sy koors het net aanhou styg. Gelukkig het hy darem nog die partytjie geniet ook.

Nadat al die mense huis toe was het ons gesinnetjie 'n blaaskansie gevat en net onder die gazebo gaan sit en rus. Jean-Pierre het besluit dat hy nie sy nat swemklere wil aanhou nie en dit sommer net daar uitgetrek en net sy handdoek oor sy skouers gegooi.
Ons het die huis, erf en pophuis gou skoongemaak en reggeskuif waarna ons almal 'n heerlike bad gaan vat het. Hier is die twee manne in die bad...of altans skuimbad!

Dit was 'n heerlike dag wat ons altyd sal onthou!
Subscribe to:
Posts (Atom)









