Monday, February 23, 2009

Speel, speel en speel...

Saterdag was 'n heerlike rustige dag hier by ons. Ons het so bietjie in die tuin gewerk en net die dag saam geniet as gesin.

Kayla en Jean-Pierre het so lekker saam gespeel. Ek was so bly om te sien dat hulle nou uiteindelik maatjies begin raak. Ons het nie een keer nodig gehad om met hulle te raas nie en hulle het glad nie baklei nie. Dit was wonderlik om te sien hoe hulle mekaar weer gevind het!




Dit was regtig 'n baie warm dag en die kinders het die heel middag in die sproeiers gespeel. Die trampoline was nou die lekkerste plek vir hulle om te speel tussen al die sproeiers. Jean-Pierre se broek sukkel net om bo te bly, al is die broek al omgevou bo. Hulle word nou so groot, elke keer as ek na hulle kyk kan ek nie glo hoe vinnig hulle groei nie.





Die aand het hulle besluit dat hulle eerder hier onder op komberse wil slaap in plaas van in hulle eie snoesige beddens. Dit was in elk geval nie baie lank voordat hulle besef het die die teels kan nogals hard raak nie, toe skuif hulle maar elkeen weer na hulle eie kamers toe.

1 comment:

  1. Ag lekker!! Kan nie wag wanneer die twee begin tentjies bou hier in ons huis nie :-)

    Sjoe, hulle word regtig nou groot. Jean-Pierre lyk te oulik met die broek wat so afsak. As hulle klein is, dan lyk dit oulik, maar as hulle groot is, dan is dit nie meer so oulik nie :-)

    Baie dankie vir die pragtige foto's!!

    Sien julle binnekort!

    ReplyDelete