Ons het Jean-Pierre se 4de verjaarsdagpartytjie op Valentynsdag gehou. Hier was so 15 maatjies by die partytjie gewees. Na die hele week se reën, was die dag 'n wonderlike sonskyndag gewees. Dit het gelukkig glad nie gereën nie en ons was baie dankbaar daarvoor.

Toe die kinders hier aankom het hulle lekker gaan speel op die water springkasteel en elkeen het 'n hotdog gekry om daardie leë magies te vul.
Ollie die Nar was ons spesiale gas vir die dag en die kinders het dit ongelooflik baie geniet. Hy het vir Jean-Pierre een van sy CD's gegee omdat hy verjaar het, en die kinders vermaak met oulike liedjies en toertjies. Sy apie, Jollie, was ook hier en het die kinders nogals lekker laat lag met alles wat hy aangevang het.



Na die vertoning het Jean-Pierre sy koek se kersies gaan blaas en almal het hulle partytjie pakkies gekry. Die kinders het die partytjie regtig baie geniet. Jean-Pierre het net ongelukkig bietjie siekerig begin raak en sy koors het net aanhou styg. Gelukkig het hy darem nog die partytjie geniet ook.

Nadat al die mense huis toe was het ons gesinnetjie 'n blaaskansie gevat en net onder die gazebo gaan sit en rus. Jean-Pierre het besluit dat hy nie sy nat swemklere wil aanhou nie en dit sommer net daar uitgetrek en net sy handdoek oor sy skouers gegooi.
Ons het die huis, erf en pophuis gou skoongemaak en reggeskuif waarna ons almal 'n heerlike bad gaan vat het. Hier is die twee manne in die bad...of altans skuimbad!

Dit was 'n heerlike dag wat ons altyd sal onthou!
No comments:
Post a Comment