Tuesday, January 20, 2009

Graad R Atletiek Uitdunne

Gisteraand was dit die Graad R uitdunne by Laerskool Rooihuiskraal. Al die kleuterskole was daar gewees. Jean-Pierre het aangedring dat hy ook wou deelneem al is hy nog 2 jaar onder hulle ouderdomsgroep. Hy het dit nou baie geniet.

Wednesday, January 14, 2009

Terug Skool Toe!

Die kinders was nou omtrent opgewonde vandag om terug te gaan skool toe. Kayla het sommer al baie vroeg wakker geword, aangetrek, al die ontbyt goedjies kom regsit, dit alles nog voordat haar wekker eers afgegaan het!
Jean-Pierre was net so opgewonde, ons wag toe nou eers om te hoor in watter klas Kayla is, later moes Corrie maar ry om Jean-Pierre skool toe te vat. Hy wou net weet of hulle vandag sou Bak en Brou. Maar dit is mos maar op Vrydae en nie Woensdae nie...

Kayla is in Juffou Sunette se klas. Sy lyk na 'n oulike juffrou, net soos Juffrou Desiree waar sy verlede jaar was. Daar is maar min maatjies saam met haar in die klas waar sy verlede jaar was maar ek glo dat sy baie gelukkig gaan wees.

Tuesday, January 13, 2009

Toy Run 2008

Ons het 30 November 2008 saam met Abel en Lizell op die Charity Toy Run gegaan met die bikes. Wat 'n belewenis. Net waar jy gekyk het was bikes. Sover soos wat jy ry na die begin punt toe het die bikes al hoe meer geraak. Toe ons in Silverton aankom kon ons nie glo wat ons sien nie. Daar was ongelooflik baie bikes.
In totaal was daar ongeveer 30 000 bikes in Gauteng wat hieraan deelgeneem het. Ons het na Nasrec toe gery waar daar 'n hele dag vol events is wat plaasgevind het.
Ons het ons speelgoed gaan aflaai waarna ons gou iets geëet het. Daarna het ons weer huis toe gekom. Die mense is nou 'n goeie verskeidenheid van mense, mak tot baie wild... Dit is iets waaraan ons verseker weer hierdie jaar sal deelneem.

Kawasaki 650

Corrie het middel verlede jaar uiteindelik sy groot droom laat waar word toe hy vir hom sy Kawasaki Versys 650 gekoop het. Hy geniet die bike geweldig baie. So af en toe word die kinders ook met die bike by hulle skole afgelaai. Dit is hulle grootste bederf om voor al die kinders van die bike af te klim. Corrie ry elke dag werk toe met die bike, al reën dit. So ja, dit staan nie net en stof opgaar in die garage nie. Hier is Jean-Pierre en Kayla saam met sy pa op die bike by Ouma Sarie hulle se huis.

Monday, January 12, 2009

Plett Vakansie 2008


Ons het amper reg langs die Lagoon gekamp by Keurbooms Lagoon Karavaanpark. Toe ons daar aankom het die kinders dadelik in die lagoon gaan speel terwyl ek en Corrie die tent opgeslaan het.

Die weer was fantasties, die wind het baie min gewaai en ons was amper elke dag strand toe. Die kinders het net gespeel op die strand, hulle het nie eenkeer onder die sambreel kom sit nie.


Dit was nogals 'n nagmerrie om Pick a Pay toe te gaan. Die parkering was elke keer vol en die mense het jou letterlik vertrap binne-in. Maar gelukkig het ons ons inkopies beperk.

Jean-Pierre het weer 'n noue band met Teddy. Hy het vir Teddy nêrens gelos nie, ons moes net mooi verduidelik hoekom Teddy eerder in die kar moes wag as ons strand toe gaan.

Dit was baie lekker om weer vir Ilse te kon sien. Ons het baie lekker gekuier op die plaas en Ilse en Pete was ongelooflik gasvry gewees elke keer wat ons daar gekuier het. Die kinders het al daardie plaasdiere en spasie ongelooflik baie geniet.

Kayla se 8ste verjaarsdag

Ons het vir Kayla op 'n "Whale Watching" bootreis gevat in Plett vir haar verjaarsdag op 15 Desember 2008. Dit was 'n onvergeetlike ervaring vir ons almal gewees.
Ons het van Central Beach af deurgery in die rigting van Keurboomstrand. Daar het ons 3 Humpback dolfyne gesien wat rustig geswem het. Toe ons verder ry het ons op 'n groot groep Bottlenose Dolfyne afgekom. Net waar jy gekyk het was dolfyne. Hulle het lekker baljaar in die water en dit was nou regtig 'n belewenis om dit te sien. Dit het gevoel of ons aan hulle kon vat so naby was hulle aan ons.


Daarna het ons terug beweeg na Robberg se kant toe waar ons afgekom het op 'n Humpback Walvis. Amper het ons bo-oor die walvis gery toe hy net voor ons uit die water uit kom.

Dit was absoluut onvergeetlik en ons sal dit vir altyd saam met ons in ons harte dra. Kayla het haar verjaarsdag ongelooflik baie geniet!