Ons het vir Kayla op 'n "Whale Watching" bootreis gevat in Plett vir haar verjaarsdag op 15 Desember 2008. Dit was 'n onvergeetlike ervaring vir ons almal gewees.

Ons het van Central Beach af deurgery in die rigting van Keurboomstrand. Daar het ons 3 Humpback dolfyne gesien wat rustig geswem het. Toe ons verder ry het ons op 'n groot groep Bottlenose Dolfyne afgekom. Net waar jy gekyk het was dolfyne. Hulle het lekker baljaar in die water en dit was nou regtig 'n belewenis om dit te sien. Dit het gevoel of ons aan hulle kon vat so naby was hulle aan ons.

Daarna het ons terug beweeg na Robberg se kant toe waar ons afgekom het op 'n Humpback Walvis. Amper het ons bo-oor die walvis gery toe hy net voor ons uit die water uit kom.

Dit was absoluut onvergeetlik en ons sal dit vir altyd saam met ons in ons harte dra. Kayla het haar verjaarsdag ongelooflik baie geniet!
Hi Ulandi
ReplyDeleteEk hou baie van julle blog!!
Welkom by die blog familie. Geniet elke oomblik en ek kan nie wag om julle stories te lees nie.
Liefde
Beatrix