Tuesday, January 13, 2009

Toy Run 2008

Ons het 30 November 2008 saam met Abel en Lizell op die Charity Toy Run gegaan met die bikes. Wat 'n belewenis. Net waar jy gekyk het was bikes. Sover soos wat jy ry na die begin punt toe het die bikes al hoe meer geraak. Toe ons in Silverton aankom kon ons nie glo wat ons sien nie. Daar was ongelooflik baie bikes.
In totaal was daar ongeveer 30 000 bikes in Gauteng wat hieraan deelgeneem het. Ons het na Nasrec toe gery waar daar 'n hele dag vol events is wat plaasgevind het.
Ons het ons speelgoed gaan aflaai waarna ons gou iets geëet het. Daarna het ons weer huis toe gekom. Die mense is nou 'n goeie verskeidenheid van mense, mak tot baie wild... Dit is iets waaraan ons verseker weer hierdie jaar sal deelneem.

No comments:

Post a Comment