Monday, January 12, 2009

Plett Vakansie 2008


Ons het amper reg langs die Lagoon gekamp by Keurbooms Lagoon Karavaanpark. Toe ons daar aankom het die kinders dadelik in die lagoon gaan speel terwyl ek en Corrie die tent opgeslaan het.

Die weer was fantasties, die wind het baie min gewaai en ons was amper elke dag strand toe. Die kinders het net gespeel op die strand, hulle het nie eenkeer onder die sambreel kom sit nie.


Dit was nogals 'n nagmerrie om Pick a Pay toe te gaan. Die parkering was elke keer vol en die mense het jou letterlik vertrap binne-in. Maar gelukkig het ons ons inkopies beperk.

Jean-Pierre het weer 'n noue band met Teddy. Hy het vir Teddy nêrens gelos nie, ons moes net mooi verduidelik hoekom Teddy eerder in die kar moes wag as ons strand toe gaan.

Dit was baie lekker om weer vir Ilse te kon sien. Ons het baie lekker gekuier op die plaas en Ilse en Pete was ongelooflik gasvry gewees elke keer wat ons daar gekuier het. Die kinders het al daardie plaasdiere en spasie ongelooflik baie geniet.

No comments:

Post a Comment