Die kinders was nou omtrent opgewonde vandag om terug te gaan skool toe. Kayla het sommer al baie vroeg wakker geword, aangetrek, al die ontbyt goedjies kom regsit, dit alles nog voordat haar wekker eers afgegaan het!
Jean-Pierre was net so opgewonde, ons wag toe nou eers om te hoor in watter klas Kayla is, later moes Corrie maar ry om Jean-Pierre skool toe te vat. Hy wou net weet of hulle vandag sou Bak en Brou. Maar dit is mos maar op Vrydae en nie Woensdae nie...
Kayla is in Juffou Sunette se klas. Sy lyk na 'n oulike juffrou, net soos Juffrou Desiree waar sy verlede jaar was. Daar is maar min maatjies saam met haar in die klas waar sy verlede jaar was maar ek glo dat sy baie gelukkig gaan wees.

Die opgewondenheid is duidelik leesbaar op hierdie twee se gesiggies.
ReplyDeleteEk kan nie glo dat hulle al so groot is nie. Geniet elke oomblik saam met hulle.
Baie sterkte met al die huiswerk wat hierdie jaar op jou wag.
Ons is lief vir julle.
Baie groete
xoxo