Thursday, July 29, 2010

Kayla het vandag draadjies gekry!

Kayla het vandag begin met haar Fase 1 behandeling vir haar tande.  Hier is so paar "before and after" fotos.  Die rekkies is pienk en pers.




Jean-Pierre se kunswerke vir die kultuurweek 2010

Babbelbekkies het hierdie jaar weer ingeskryf vir die kultuurweek by Laerskool Rooihuiskraal.  Die beoordelaar het hulle kunswerke beoordeel en Embrie, Jean-Pierre se juffrou, het vir my gese dat die beoordelaar wou weet wie het vir Jean-Pierre gehelp met sy tekening.  Hy het dit heeltemal self gedoen en sy was baie beindruk met sy talent.  Sy het haar telefoonnommer gelos sodat Jean-Pierre kan gaan vir kunsklasse by haar.  Ons is baie trots op hom.

Papier Mache - Kat

Lapverf - Vis

Keramiek - Mannetjie


Skilderkuns met Pastelle - Uil

Saturday, July 24, 2010

Kultuurweek 2010



Jean-Pierre se foto inskrywings vir die kultuurweek by Laerskool Rooihuiskraal.  Hulle tema was mense.  Hy het by die parkie die fotos self geneem.  Corrie was besig om die tennisbaan se heining reg te maak en hy het op sy eie fotos geneem van die dogtertjie en die seuns wat sokker gespeel het.


Kayla se foto inskrywings:  Hulle tema was geboue.  Corrie het haar na die Graan gebou toe gevat waar my skoonpa werk en sy het so paar fotos daar geneem. 


Sodra die fotos beoordeel is sal ons laat weet watse punte hulle gekry het.  Hou styf duim vas vir hulle :-)

Kayla se Entrepreneursdag - 2010

Ons derde Entrepreneursdag is agter die rug.  Ek kan nie glo dat Kayla al aan 3 Entrepreneursdae deelgeneem het nie.  In Graad 1 was ons maar baie senuweeagtig, Graad 2 het dit sommer baie beter gaan en hierdie jaar was net so suksesvol.  Kayla sou nooit haar geldjies gemaak het as dit nie vir die pannekoeke en melkterte was nie.  Dankie aan Ouma Adri en Oupa Gert, en Ouma Sarie en Tannie Beatrix en Oupa Hannes vir al julle insette.  Ons waardeer dit ongelooflik baie!


Aan die einde van die oggend was daar slegs hot chocolate oor gewees, die res was alles uitverkoop.  Ek dink dit is fantasties!  BAIE GELUK KAYLA!

Botaniese Tuine in Roodepoort

Ons was nog nooit voorheen by die Botaniese Tuine in Roodepoort nie.  Dit was 'n heel lekker middag gewees en ons sal verseker weer 'n draai daar gaan maak.

Die kinders het heerlik gespeel by die waterval.  Bo die waterval is die Swart Arend se nes.  Net voordat ons gery het, het albei die arende in die nes kom land om vir hulle kleintjie kos te gee.  Dit was nou fantasties gewees om te sien.

Sokker vakansie fotos!


Clarissa hou baie van die backpack.

Clarissa op haar stukke!

Ag Mammie!

Kyk my tone!

Clarissa uitgevat die dag van die sokker wereldbeker opening.

Jean-Pierre met sy Suid Afrika mus en tattoo!
Kayla is baie trots op haar land en is ook goed uitgevat vir die sokkerdag.

Ons het Babbelbekkies (Jean-Pierre se skool) gaan help om een van die winkelvensters te gaan verf by Mall @ Reds.

Clarissa se 1ste verjaarsdag!

En toe ons weer sien is daar al 'n jaar verby! Soms kry ek 'n klemming om my hart as ek dink aan hoe vinnig ons kinders groot word. Kayla word amper 10, einde volgende jaar moet Jean-Pierre al ingeskryf word vir die Laerskool, en Clarissa het so pas een jaar oud geword!


Dit is ongelooflik hoe vinnig die tyd verby gaan, soms voel dit asof daar nog baie tyd oor is maar voordat ons sien dan is dit al verby!


Ons het Zian en Clarissa se partytjie sommer op dieselfde dag gehou. Dit was 'n heerlike wintersdag, so dat die kinders later met kortmou klere hier rondgehardloop het. Die partytjie was baie lekker! Die kinders het lekker met mekaar gespeel en die grootmense het net so lekker gekuier en heeltemal te veel koek geeet!


Hier is so paar fotos van die dag: