Saturday, July 24, 2010

Moedersdag!

Ons familie het vir Moedersdag na die Irene Melkplaas toe gegaan.  Ons het sommer besluit om mooi fotos van ons almal te neem terwyl ons daar was.  Die fotos het regtig besonders uitgekom.  Ons sal verseker weer daar 'n draai gaan maak vir 'n fotosessie.

Jean-Pierre

Kayla

Jean-Pierre, Clarissa en Kayla

Ek saam met die drie

Al drie bymekaar

Clarissa lag vir Oupa Gert

Edrich

Ouma en Oupa by al 5 hulle kleinkinders

Danie en Zian

Clarissa en Zian

Ouma Adri en Oupa Gert

Arinda en Danie

Ons 5

Ek en Corrie

Clarissa se tone

Clarissa by Gemma en Zorro

Happy Easter 2010!

Elke jaar hou ons paasfees op ons tradisionele manier.  Ons steek die paaseiers orals binne of buite die huis weg vir die kinders en dan moet hulle dit gaan soek.  Hierdie dag het ons dit die aand voor die tyd weggesteek en toe hulle wakker word die volgende oggend toe kry hulle elkeen hulle paaseier mandjie voor hulle kamerdeur en toe weet hulle die paashaas was daar en hulle kan hulle paaseiers gaan soek.

Die kinders geniet dit ongelooflik baie en dit is vir hulle elke jaar 'n groot bederf om al die paaseiers te kry.


Corrie is die vorige aand besig om die haas spore orals te maak.

Clarissa het ook 'n happie gekry :-)

Sommer maar net...

So paar fotos van "alles" in my lewe.  Hierdie kinders is my alles en ek kan nie my lewe sonder hulle indink nie.  Clarissa (alhoewel die 3de) het sy ons gesinnetjie voltooi!

Clarissa geniet haar swaai sommer baie.  Hierdie swaai het my ouma nog vir Kayla gekoop toe sy 'n baba was!

Kyk net daai gesiggie!

Jean-Pierre kry ook 'n beurt om vir Clarissa te swaai.

Gemma en Zorro moet ook altyd in die prentjie wees!  Hierbo is Zorro in die foto langs Jean-Pierre.

Al 5 ons kinders op een foto!  G'n wonder ek is so moeg in die aande nie :-)

Kayla en Gemma

Gemma, ons praghond!

En Zorro, haar boetie.

Gemma is baie lus om Clarissa se kos te eet.  Dit was elke keer baie amper of sy het daardie kos gelek, maar sy weet van beter.

Kayla, Clarissa en Jean-Pierre