Hier kyk Edrich na sy boetie.
Sommer so vinnige familie foto. Arinda, Danie, Edrich en Zian.Hier is ek en Zian, ek kan nou nie meer wag vir Clarissa om gebore te word nie.
Jean-Pierre wou vanmiddag nie vir Zian vashou nie, maar toe ons vanaand soontoe gaan toe het hy so ewe trots sy nefie vasgehou.
Hier is Zian in die hospitaal bedjie met al sy naamkaartjies vasgemaak.
Leander en Janine het ook 'n beurt gekry om vir Zian vas te hou.
Nou moet ons nog net fotos neem waar Ouma en Oupa vir Zian vashou.















