Monday, May 25, 2009
Oupa en Ouma dag by Babbelbekkies
Dit was Saterdag Oupa en Ouma dag by Babbelbekkies. Dit was 'n heerlike oggend gewees. Die kinders het 'n paar liedjies gesing en 'n gediggie opgesê. Jean-Pierre was so oulik en het alles gedoen wat hy moes gedoen het. Daarna het ons heerlike eetgoedjies en koffie gehad. Heel onder is een van die video clips wat ons geneem het van die eerste liedjie wat hulle gesing het. Ongelukkig het die klank nie so mooi uitgekom nie maar mens kry darem so 'n idee van wat hulle gesing het.

Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Ag dit is nou baie spesiaal!!
ReplyDeleteKan omtrent nie glo dat dit dieselfde seuntjie is wat so skaam was by die 1ste konsert nie. Hy het regtig baie groot geword en hy is baie seker van homself!
Ai, so jammer ons het die geleentheid gemis :-(
Groetnis
xx