Monday, May 25, 2009

Super 14 Semi Finals: Bulls vs Crusaders

Saterdagmiddag het ons die Semi Finals van die Super 14 gaan kyk. Dit was die kinders se heel eerste Rugby wedstryd wat hulle by Loftus gaan kyk het. Hier wapper hulle hulle vlaggies en kan nie wag vir die wedstryd om te begin nie.


Toe die Bulls hulle eerste drie gedruk het, het die mense erg gejuig, veral so jong meisie wat agter ons gesit het. Jean-Pierre het net die heeltyd gepraat van die meisie met die blou naels wat so hard geskree het. Hy het natuurlik so geskrik en dadelik sy ore toegedruk en omtrent gehuil.


Hier is almal se vlae in die lug. Die hele pawiljoen was BLOU!!!

Hier sien mens net BLOU waar jy kyk.

Kayla kyk hier deur haar verkyker wat alles op die veld aangaan. Natuurlik het sy ook weereens 'n ongelukkie gehad. Net voor die wedstyd begin het, het ons roomys gekoop en haar roomys was so koud dat dit aan haar lip en tong vasgesit het. Sy het dit dadelik afgeruk en toe het haar lip so gebloei. Dit was nou 'n storie. Ons toe gou badkamer toe gegaan sodat ons net haar gesig weer skoon kon kry. Die arme kind moet ook altyd deurloop.
Dit was 'n heerlike dag gewees en toe die Bulls wen was Pretoria natuurlik in 'n baie goeie bui gewees!!!!

1 comment:

  1. Ai, te lekker!! Dit is nou kultuur :-).

    So bly dat Kayla en Jean-Pierre die geleentheid kon hê om die rugby by Loftus te kon gaan bywoon het. Dit is iets wat mens jare lank by bly.

    Ek hoop Kayla se lip voel sommer gou beter, maar ek glo darem nie dié insident gaan haar liefde vir roomys wegneem nie ;-).

    MIS JULLE BAIE BAIE BAIE BAIE!!!

    Groetnis
    xx


    PS> Ulandi, jy lyk BAIE GOED. Sterkte met die laaste deel van die swangerskap. Ek glo en vertrou dat alles goed sal afloop. Clarissa het nogal baie gegroei vandag ons julle laas gesien het. Let wel, ek het gesê Clarissa het gegroei, LOL

    ReplyDelete