Thursday, December 3, 2009

Toy Run 2009

Sondag, 29 November, het ons weer die Toy Run gaan ry.  Ek kan nie glo 'n jaar het so vinnig verby gegaan nie.  Laas jaar het ons ook gaan ry so maand nadat ek uitgevind het dat ek swanger was.  Nou is Clarissa al 5 maande oud!

Dit was 'n groot storie om die jaar te gaan ry aangesien Kayla baie sterk aangedring het om in my plek te gaan ry.  Gelukkig kon ek gaan ry en ons het haar belowe dat sy volgende jaar kan gaan.





Ons het vanaf die CMA kerk af weggespring en weer na Nasrec toe gery. Dit was ek en Corrie, Abel en Lizell, en Arinda en Danie.



Hierbo kom al die mense bymekaar voordat ons wegtrek.








Hier is ons bike, mooi versier vir die trippie.



Hier staan ons almal en gesels net nadat ons by Nasrec aangekom het.



Corrie het probeer om van die bikes af te neem wat daar was.  Hierdie is nie eers naastenby al die bikes nie.







Hier is die saal waar ons al die speelgoed gaan inhandig vir die minder bevoorregte kinders.



Dit was weereens 'n fanstastiese dag en ons het dit baie geniet.

No comments:

Post a Comment