Thursday, December 10, 2009

Fietsry

Ek kry so 2 weke terug 'n oproep van Jean-Pierre se juffrou af, Embrie, en sy sê toe Jean-Pierre wil met my praat.  Hy vertel my toe dat hy sonder kantwieletjies fietsry.  Ek kon dit nie glo nie.  Hy ry toe met een van die skoolfietsies sonder die kantwieletjies rond vol selfvertroue.  Sy fiets is bietjie groter as die klein fietsies en hy wou nie gehad het dat ons sy kantwieletjies moes afhaal nie.  Eergister het hy geweier om te gaan slaap voordat Corrie nie sy fiets se kantwieletjies afgehaal het nie.  Dit was seker al 20:00 gewees, hy slaap gewoonlik daardie tyd.  Hy het op sy fiets geklim en gery, en nou ry hy nog al die pad fiets en hy is mal daaroor.








1 comment:

  1. Nou is daar nie meer kans vir terugdraai nie. Hy raak sommer nou by die dag al hoe groter.

    ReplyDelete