Jean-Pierre het vanoggend voor skool fotos van Gemma geneem vir die kultuurweek. Hier is die vier fotos wat Corrie gekies het as 'n moontlikheid om in te skryf. Ons sal al vier laat print en dan besluit watter twee hy gaan instuur. Ongelukkig begin die Kultuurweek inskrywings by Graad R, so Jean-Pierre sal hierdie jaar (en volgende jaar) maar onder die Graad R'e moet inskryf al is hy maar net 4 jaar oud. Let wel dat hy die fotos heeltemal self geneem het.
Saterdagmiddag het ons die Semi Finals van die Super 14 gaan kyk. Dit was die kinders se heel eerste Rugby wedstryd wat hulle by Loftus gaan kyk het. Hier wapper hulle hulle vlaggies en kan nie wag vir die wedstryd om te begin nie.
Toe die Bulls hulle eerste drie gedruk het, het die mense erg gejuig, veral so jong meisie wat agter ons gesit het. Jean-Pierre het net die heeltyd gepraat van die meisie met die blou naels wat so hard geskree het. Hy het natuurlik so geskrik en dadelik sy ore toegedruk en omtrent gehuil.
Hier is almal se vlae in die lug. Die hele pawiljoen was BLOU!!!
Hier sien mens net BLOU waar jy kyk.
Kayla kyk hier deur haar verkyker wat alles op die veld aangaan. Natuurlik het sy ook weereens 'n ongelukkie gehad. Net voor die wedstyd begin het, het ons roomys gekoop en haar roomys was so koud dat dit aan haar lip en tong vasgesit het. Sy het dit dadelik afgeruk en toe het haar lip so gebloei. Dit was nou 'n storie. Ons toe gou badkamer toe gegaan sodat ons net haar gesig weer skoon kon kry. Die arme kind moet ook altyd deurloop.
Dit was 'n heerlike dag gewees en toe die Bulls wen was Pretoria natuurlik in 'n baie goeie bui gewees!!!!
Dit was Saterdag Oupa en Ouma dag by Babbelbekkies. Dit was 'n heerlike oggend gewees. Die kinders het 'n paar liedjies gesing en 'n gediggie opgesê. Jean-Pierre was so oulik en het alles gedoen wat hy moes gedoen het. Daarna het ons heerlike eetgoedjies en koffie gehad. Heel onder is een van die video clips wat ons geneem het van die eerste liedjie wat hulle gesing het. Ongelukkig het die klank nie so mooi uitgekom nie maar mens kry darem so 'n idee van wat hulle gesing het.
Die kinders moes elkeen self geskenkies koop vir al die Oupas en Oumas en dit na die konsert self gaan oorhandig het aan hulle Oumas en Oupas.
Dit is tyd vir die Kultuurweek by Laerskool Rooihuiskraal. Die tema vir die Graad 2's is om fotos van Plante in te stuur. Kayla het self die fotos geneem. Kayla gaan twee van die fotos instuur hieronder. Ek is nou nie seker watse twee nie.
Kayla en Corrie is al vroeg Saterdagoggend uit na die spruitjie toe waar hulle gaan tyd spandeer het om fotos te neem. Corrie het Kayla ook afgeneem waar sy besig was om haar fotos te neem vir die Kultuurweek.
Ons het by die Blue Crane Restaurant gaan ontbyt eet vir Oupa Hannes se verjaarsdag. Daarna is ons na Magnolia Dell toe sodat die kinders so bietjie in die parkie kon speel. Natuurlik was die water baie meer aanloklik en ons het die meeste van die tyd langs die stroompie spandeer.
Jean-Pierre laat sy bootjies (blare) by die strome afseil.
Kayla en Jean-Pierre kyk hoe vinnig die bootjies by die stroompies afseil.
Ouma Sarie en Jean-Pierre hardloop tussen al die herfsblare rond.
Kayla en Ouma Sarie gooi die hersblare in die lug op.
En Jean-Pierre is weer terug by die water... Die keer het hy 'n sweep (lang dun takkie) opgestel waarmee hy speel.
Kayla sit hier sodat on s'n mooi foto van haar kan neem.
Ongelukkig hou Jean-Pierre nie baie van fotos neem nie en hierdie was die eniste mooi foto van Kayla en Jean-Pierre saam en toe is die tak voor sy gesig.
Babbelbekkies was gister op 'n fantastiese uitstappie na die Voortrekker Monument. Toe ons daar aankom het hulle dadelik op die ossewa geklim. Aalwyn - die organiseerder - het die osse begin inspan en toe het ons almal deur die veld op die ossewa gaan ry. Die kinders het dit omtrent geniet.
Nadat hulle op die ossewa gery het, het hulle afbeweeg na die piekniek area waar hulle stokbrood gebraai het. Aalwyn het vir hulle stroop in die stokbrood gegooi nadat hulle dit klaar gebraai het en almal het dit heerlik geëet - die ma's ook. Ouma Sarie het al die kinders gehelp om die vuur en natuurlik het sy van Kayla ook onthou, sy het sommer vir haar ook 'n stokbrood gebraai en Kayla het dit baie geniet toe sy dit gisteraand saam met haar aandete kon eet.
Hier wys Jean-Pierre vir Oupa Hannes hoe sy stokbrood lyk.
Nadat hulle geëet het, het hulle gaan klei lat gooi. Jean-Pierre het dit baie geniet. Daarna het hulle bokdrolle gespoeg, Jean-Pierre wou dit glad nie doen nie, maar die ander maatjies en Ouma Sarie het dit nou baie geniet.
Laastens het hulle binne die Voortrekker Monument gaan rondloop en na alles gekyk wat in daardie tye gebeur het. Dit was 'n wonderlike dag!